Petru-Nell Skryfbesigheid Logo
Skrywerskring en Werkswinkels

Tuis

Oor skryf:
Skryfkursus
Vrae en antwoorde oor skryf
Skryfkompetisies
Skrywerskring

Oor lees:
Leeskringforum
Leeslys

Oor boeke:
Nuwe boekbekendstellings
Boekwinkel
Soek 'n boek

Vir ons gemeenskap:
Gemeenskapsprojekte

Kontak ons

 

 


Petru-Nell Skryfbesigheid het ’n skrywerskring wat maandelikse werkswinkels in die skryf van prosa aanbied. Persone wat die werkswinkel wil bywoon, word versoek om so spoedig moontlik daarvoor te registreer deur die registrasiedokument aan te vra by die volgende adres: trudy@pnskryf.co.za.

Die registrasiedokument kan ook per faks versoek word by 086 662 9175.

Skrywers se omstandighede verskil van mekaar. Daarom is verskillende opsies ten opsigte van lidmaatskap, die betaling daarvan en die bywoning van die werkswinkels ingestel, sodat dit vir die meeste bekostigbaar is. (Verwys na die toepaslike paragraaf hieronder.) Die fooie betaalbaar sluit verversings, fasilitering van die byeenkoms en skryfoefeninge in.

Doel van die skrywerskring en werkswinkels
Die doel van die skrywerskring en werkswinkel is om aan opkomende skrywers ’n tuiste te bied waar hulle in ’n vriendelike, eerlike en simpatieke omgewing aan hulle eie skryfvaardighede kan slyp.

Skootrekenaar
Alhoewel ’n skootrekenaar nie ’n vereiste is nie, word dit sterk aanbeveel dat skrywers vir die werkswinkels ’n skootrekenaar saambring. Alle oefeninge en lesingmateriaal word elektronies verskaf. Oefeninge moet ook met die skootrekenaar gedoen word.

Skryfnaweek
’n Skryfnaweek word vir een van die langnaweke beplan, indien daar genoeg belangstelling daarvoor is. Daardie naweek sal meer as die normale werkswinkels kos en persone wat ’n jaarlange lidmaatskap uitneem, sal addisioneel vir verblyf en addisionele etes moet betaal. Meer besonderhede sal op die webwerf geplaas word sodra dit beskikbaar is.

Verloop van werkswinkel


08:45 – 09:00           Tee/koffie en verversing word met aankoms bedien.
                                   (Water en vrugtesap is voortdurend tydens die byeenkoms beskikbaar.)

09:00 – 13:00           Kort teoretiese lesing, besprekings en ʼn vingeroefeninge word gedoen.
13:00 – 13:30:          Middagete.
12:30 – 16:00:          Die verhale word in groepsverband bespreek.
16:00 – 16:30:          Skrywers kuier lekker saam. (Koffie/tee/wyn/bier/vrugtesap/port/sjerrie en                                     verversings word bedien.)


Registrasie-, inhandiging-, werkswinkeldatums en temas

Werkswinkels vind maandeliks plaas. Persone wat ’n jaarlikse lidmaatskap uitneem, hoef nie vir elke byeenkoms te registreer nie. Persone wat maandeliks vir elke byeenkoms gaan betaal, moet teen die registrasiedatums ’n deposito betaal om vir die betrokke byeenkoms te registreer.

Gebruik die adres trudy@pnskryf.co.za of faksnommers 086 662 9175 om registrasiedokumente aan te vra.
Sodra ’n skrywer geregistreer het, word die werksopdrag vir daardie maand aan hom/haar gestuur. Die voltooide opdrag moet teen die inhandigingsdatum aan trudy@pnskryf.co.za gestuur of gefaks word na 086 662 9175.

Dit is belangrik dat skrywers hierdie teikendatums respekteer. Sodra al die verhale ontvang is, word dit aan die res van die groep versend sodat almal genoeg geleentheid kan kry om die verhale met aandag deur te gaan ten einde sinvolle terugvoer tydens groepsbesprekings te kan gee.

Die datums en temas is as volg:

Registrasiedatums

Inhandigingsdatum

Werkswinkeldatums

Temas

22 Februarie 2010

22 Februarie 2010

27 Februarie 2010

Die 1-2-3 van skryf (Skryfproses)

15 Maart 2010

21 Maart 2010

27 Maart 2010

Afronding van manuskrip

17 April 2010

24 April 2010

1 Meil 2010

Humor

18 Julie 2010

24 Julie 2010

31 Julie 2010

Die skep van atmosfeer binne ’n bepaalde ruimte en tyd

15 Augustus 2010

22 Augustus 2010

28 Augustus 2010

Karakterisering

13 September 2010

25 September 2010

2 Oktober 2010

Plot

14 Oktober 2010

27 Oktober 2010

6 November 2010

Die skryf van tydskrifverhale

15 Januarie 2011

24 Januarie 2011

29 Januarie 2011

Jeug- en kinderverhale

13 Februarie 2011

20 Februarie 2011

26 Februarie 2011

Liefdesverhale

13 Maart 2011

20 Maart 2011

26 Maart 2011

Outobiografieë

Plek

Alle byeenkomste word in Pretoria gehou. Die adres en roeteaanwysings word aan die skrywers gekommunikeer sodra hulle geregistreer.


Tyd

09:00 – 16:00


Lidmaatskap- en betaalopsies, voordele, en kostes:

Opsie

Voordele

Betaalopsies

Kostes

Platinum

(Slegs vir voormalige Petru-Nell Skryfbesigheid Studente)

  1. Kry gratis boek. (Twee per jaar) Drie boeke word aan lid voorgehou en lid maak self ’n keuse uit hierdie drie boeke.
  2. Ontvang ’n afslagbewys ter waarde van R100 wat op enige diens van Petru-Nell Skryfbesigheid anders as die skrywerskring/werkswinkel spandeer kan word. (Aankoop van boeke ingesluit.)

Eenmalig:
Betaal per internet, kontant of direkte deposito ’n eenmalige bedrag.

R3 900 per jaar (d.w.s. 10 werkswinkels)

Goud

  1. Kry gratis boek. (Een per jaar) Drie boeke word aan lid voorgehou en lid maak self ’n keuse.
  2. Kry 10% afslag wanneer daar vir ’n skryfskool ingeskryf word.
  3. Ontvang ’n afslagbewys ter waarde van R75 wat op enige diens van Petru-Nell Skryfbesigheid anders as die skrywerskring/werkswinkel of skryfskool spandeer kan word. (Aankoop van boeke ingesluit.)

Eenmalig:
Betaal per internet, kontant of direkte deposito ’n eenmalige bedrag

R4 500 per jaar

Silwer

  1. Kry 5% afslag wanneer daar vir ’n skryfskool ingeskryf word.
  2. Ontvang ’n afslagbewys ter waarde van R55 wat op enige diens van Petru-Nell Skryfbesigheid anders as die skrywerskring/werkswinkel of skryfskool spandeer kan word. (Aankoop van boeke ingesluit.)

Eenmalig:
Betaal per internet, kontant of direkte deposito ’n eenmalige bedrag.
(Moet lidmaatskap elke ses maande hernu)

R2 400 vir 5 werkswinkels

Brons

(Slegs vir voormalige Petru-Nell Skryfbesigheid Studente)

  1. Ontvang ’n eenmalige afslagbewys ter waarde van R35 wat op enige diens van Petru-Nell Skryfbesigheid anders as die skrywerskring/werkswinkel spandeer kan word. (Aankoop van boeke ingesluit.).

Per werkswinkel: Wanneer hierdie opsie uitgeoefen word, moet daar teen die registrasiedatum ’n deposito van R200 betaal word.

R460

Hout

  1. Ontvang ’n eenmalige afslagbewys ter waarde van R35 wat op enige diens van Petru-Nell Skryfbesigheid anders as die skrywerskring/werkswinkel spandeer kan word. (Aankoop van boeke ingesluit.).

Per werkswinkel: Wanneer hierdie opsie uitgeoefen word, moet daar teen die registrasiedatum ’n deposito van R225 betaal word.

R510

Hoe om te registreer

  1. Voltooi en handig die registrasiedokument in.
  2. Vra Petru-Nell Skryfbesigheid se bankbesonderhede aan ten einde ’n direkte deposito of ’n internetbetaling te maak.
  3. Betaal die deposito of eenmalige bedrag.
  4. Sodra die fooie betaal is, sal die skrywer as geregistreer beskou word.
  5. Maak seker u ontvang die werksopdrag.

Algemene inligting

  1. Kostes sluit verversings en dokumentasie (skryfoefeninge) in.
        a.    Skrywers is egter verantwoordelik om hulle eie afskrifte van die verhale saam te bring of
               enige ander aantekeninge wat aan medeskrywers oorhandig wil word. Dit wil sê: Sou ’n
               skrywer skriftelike terugvoer aan ander wil gee, is hierdie aantekeninge of kommentaar sy
               eie verantwoordelikheid.
  2. Fondse en deposito is nie terugbetaalbaar sou ’n skrywer nie vir ’n geleentheid opdaag nie.
  3. Terugvoer kan ook nie aan ’n skrywer gegee word wat nie by die byeenkoms is nie.
  4. Kommentaar moet opbouend, simpatiek, kort, eerlik en op die werk gerig wees. (Soos hulle in rugby sê: Speel die bal. Nie die man nie.)

Boontoe


 

Tuis

Klein advertensies

 


© 2008-2010 Petru-Nell Skryfbesigheid
 
free forum hosting by lefora