Petru-Nell Skryfbesigheid Logo
Skryfkursus

Tuis

Oor skryf:
Skryfkursus
Vrae en antwoorde oor skryf
Skryfkompetisies
Skrywerskring

Oor lees:
Leeskringforum
Leeslys

Oor boeke:
Nuwe boekbekendstellings
Boekwinkel
Soek 'n boek

Vir ons gemeenskap:
Gemeenskapsprojekte

Kontak ons

 

 

'Petru-Nell Skryfbesigheid Prosaskryfkursus' is ’n aanlynkursus wat oor 'n tydperk van 6 weke per e-pos aangebied word.

Op hierdie bladsy:

Datums van skryfkursusse

Kostes

Die inhoud van die skryfkursus

Verdere inligting oor die skryfkursus

Registrasievorm

Getuigskrifte van vorige aspirant skrywers

 

Datums

Kursusse word min of meer gedurende die Gautengse skoolvakansies aangebied en is vir die volgende tydperke geskeduleer:

1 April 2012 - 6 Mei 2012

Registreer voor of op 15 Maart 2012

1 Julie 2012 - 6 Augustus 2012

Registreer voor of op 15 Junie 2012

1 Desember 2012 - 6 Januarie 2013

Registreer voor of op 15 November 2012

Boontoe

 

Kostes

  • Elke module kos R350 per kursusganger. Hiervoor ontvang die kursusganger die kursusmateriaal en volledige terugvoer op al die tekste wat voorgelê word. Dit werk dus as volg uit: 6 X R350 = R2 100.

  • ’n Deposito van R1 050 moet voor die registrasiedatum betaal word. (Dit is 50% van die totale bedrag.) Hierdie deposito is nie terugbetaalbaar nie en word verbeur indien die kursusganger nie met die kursus aangaan nie of kanselleer.

  • ’n Reëling om die fooi in vier paaiemente af te betaal, kan ook getref word. In hierdie geval moet 25% (R525) van die totale bedrag binne sewe dae na die aanvaarding van die kwotasie betaal word. Nog 25% (R525) moet teen die registrasiedatum betaal word. Die res van die bedrag kan ook in twee paaiemente betaal word en wel teen begin van die tweede en die vierde module.

  • Persone wat die volle bedrag vooraf betaal, betaal slegs R2 000.

 


Die inhoud van die kursus:

Module 1: Taalgebruik en leestekens

Module 2: Hoe om ’n goeie idee in ’n goeie storie te verander

  • Die skryfproses.

  • Die verskil tussen waarheid en fiksie.

  • Plekke waar stories skuil en hoe om dit te herken.

  • Hoe om aan die skryf te kom as daar geen idees is nie of as skryftamheid ervaar word.

  • Hoe om ’n plot te beplan:
    • Verskillende vorme.
    • Beplanning van ’n plot.
    • Plot as gids vir die laaste herskryffase.
    • Die verskil tussen ’n plot vir ’n roman en ’n kortverhaal.
  •  

Module 3: Skep van geloofwaardige karakters, verteller, vertelperspektief en fokalisering

  • Karakterisering:
    • Ronde en plat karakters.
    • Plekke waar karakters 'skuil'.
    • Voorstelling of karaktertekening.

  • Verteller en vertelperspektief:
    • Eerste persoonsverteller.
    • Derde persoonsverteller.
    • Alomteenwoordige verteller.
    • Ongewone vertellers.
      • Fokalisering

Boontoe

Module 4: Toneel-inkleding, skep van atmosfeer en hantering van beskrywing

  • Toneel-inkleding en die skep van atmosfeer
    • Werklike of verbeelde plekke.
    • Tegnieke om atmosfeer te skep:
      • Tyd.
      • Plek.
      • Gebruik van sintuie.
    • Wys teenoor vertel:
      • Beskrywings.
    • Hoe om te beskryf.
    • Woordkeuses:
      • Selfstandige naamwoorde.
      • Bywoorde en byvoeglike naamwoorde.
    • Beeldspraak, bv.:
      • Vergelykings.
      • Klanknabootsing.
    • Clichés en anglisismes.
    • Simbole en truuks.

 

Module 5: Dialoog en die hantering van spanning, konflik en dramatiese gegewe

  • Dialoog:
    • Skryf van dialoog wat natuurlik klink.
    • Funksies van dialoog.
    • Verskillende vorme van dialoog.
    • Hoe om dialoog effektief te hanteer.
    • Wat sê die karakter se liggaamstaal?
  • Konflik, aksie en spanning:
    • Konfrontasie.
    • Gebruik van emosie.
    • Opbou.
    • Intimiteit.
    • Gebruik van beelde en atmosfeer.
    • Plant van leidrade.
    • Gebruik van verteller, perspektief, karakters, atmosfeer, ens. om spanning te bou.

 

Module 6: Skryf van openings- en slotparagrawe en die afronding van die verhaal

  • Goeie openings- en slotparagrawe:
    • Wyses waarop openingsparagrawe geskryf kan word.
    • Effektiewe slotparagrawe.
  • Foute wat die meeste nuwe skrywers maak.
  • Herskryf en afronding.

 

Rig navrae aan:
Trudy Erasmus
E-pos: trudy@pnskryf.co.za
Faks: 086 652 7946 of 086 224 9717

 

Verdere inligting oor die skryfkursus:

Hoe om te registreer:

  • Voltooi die voorafregistrasie- of registrasiedokument en handig in.
  • Kursusganger sal ’n faktuur ontvang.
  • Sodra die deposito betaal is, sal die kursusganger as geregistreer beskou word. (Geen skriftelike aanvaarding sal gestuur word nie.)

Algemene inligting:

  • Slegs tien persone word per kursus toegelaat.
  • Groepwerk is baie belangrik daarom moet skrywers bereid wees dat medekursusgangers hul tekste lees en daarop kommentaar lewer. Skrywers moet ook bereid wees om medestudente se werk te lees en opbouende kommentaar daarop te lewer. Indien ’n kursusganger nie hiertoe instem nie, sal die kursusganger nie tot die kursus toegelaat kan word nie.

Kursusinhoud:

Onderwerpe van modules is vasgestel. Die sub-onderwerpe kan na gelang van behoefte effens gewysig word.

Rig navrae aan:
Trudy Erasmus
E-pos: trudy@pnskryf.co.za
Faks: 086 652 7946 of 086 224 9717

Boontoe


Registrasievorm vir Skryfskool

Voorletters en van *
Noemnaam *
Geboortedatum *
Volledige posadres *
Poskode *
E-pos adres *
Faksnommer *
Kontaknommer (h) *
Kontaknommer (w) *
Selfoonnommer *
   
1. Het u al enige skryfskole of skryfkursusse bygewoon? Indien wel, watter en wanneer?
     
 
2. Het u al voorheen 'n kortverhaal geskryf?
 
3.  Is enige van u verhale gepubliseer en indien wel, in watter publikasies?
     
 
4. Is daar enige aspekte van kreatiewe skryfwerk waarmee u sukkel en spesiale aandag aan wil gee?
     
 
5. In watter genre (liefdesverhaal, speurverhaal, ens.) stel u besonder belang?
     
 
6. Waar het u van ons gehoor?
     
 
  • Ek verstaan dat ek myself vir hierdie kursus geregistreer het en dat ek die deposito soos vereis teen die registrasiedatum sal betaal. Bewys van betaling sal aan die skryfskool gefaks word en wel na: 086 224 9717 of 086 652 7946.

  • Ek verstaan ook dat ek die deposito, of enige ander fooie wat ek betaal, sal verbeur as ek die kursus staak voor die afhandeling van die kursus.

  • Ek beloof dat ek opbouende kommentaar op die ander kursusgangers se tekste sal lewer. Ek stem daartoe in dat my werk aan medestudente en kundiges gestuur kan word vir opbouende kommentaar.
 
 

Boontoe


Getuigskrifte

Ek wil hiermee graag vir julle almal wat vir ons die kursus moontlik gemaak het, uit die diepte van my hart bedank! Ek doen gereeld kursusse rondom verskeie temas, bv. persoonlike ontwikkeling, meditasie, massering, kuns, ens, maar ek moet bieg - hierdie skryfkursus het my lewe verander! Ek kon nie wag vir Saterdae nie, kon nie wag vir almal se nuwe verhale nie, kon nie wag vir terugvoering oor my eie werk nie!
 
Dit was absoluut verrykend - om aan die einde van die kursus te kon sien hoe ons almal gegroei het in ons vermoë om ons stories lewe te gee en geloofwaardig te maak.
 
Trudie het 'n uitsonderlike talent om objektief te bly en absoluut eerlike terugvoer oor elkeen se werk te gee. Sy is 'n talentvolle skrywer in eie reg wat ons geïnspireer en gemotiveer het en werklik die beste in ons almal uitgebring het. En met haar vlymskerp sin vir humor en lekker laggie het sy ook vir vele ligte oomblikke gesorg!
 
Ek is diep dankbaar dat ek deel kon wees van hierdie groepie mense wat die kursus bygewoon het en sien alreeds uit na ons volgende byeenkomste!
Liefdegroete,
Wilma de Klerk (Augustus 2008)
ps. Om alles te kroon was die spyseniering ook uit die boonste rakke en het ons geëet soos konings...!

 



Ek is ‘n relatiewe nuwe skrywer en ek was bevoorreg om oor die afgelope twee maande reeds twee kursusse te kon meemaak. Die eerste was aangebied deur Trudy Erasmus van PN Skryfbenodighede in Pretoria Tuine wat ook gelei het daartoe dat ek by die ATKV se lente skryfskool op Potchefstroom beland het.

Trudy se kursus het my in so ‘n mate voorberei dat ek ongelooflike nut kon put uit die ATKV kursus.

Ek wil hiermee net sê dankie aan al die betrokkenes by beide hierdie kursusse en ek hoop om binnekort my liefdesromanse te publiseer. 

Groete
Lea Erasmus (Augustus 2008)

 

Die eerste Skryfskool van 2009 was vir my beslis 'n openbaring. Trudy was vir my sowaar 'n genotvolle verrassing; iets om na uit te sien elke week. Haar manier van dinge doen, opdragte saam gooi en haar humor, het my gereeld aan die lag en dink gehad. Sy het my gehelp sodat ek myself keer op keer kan verras. My geleer van skryf, dink en beskryf.

Die opdragte was iets uit 'n ander wêreld. Nog nooit het ek gedink dat Generaal De La Rey, Prinses Diana en Aristoteles, ooit saamgegooi kan word in een storie nie (moet nie van die wieldop vergeet nie, hoor). Dit was sowaar 'n regte toffie belewenis. En om 'n storie onder 200 woorde te hou, is glad nie so maklik soos dit mag klink nie... behoede jou!

Om van die kos te praat, maak my maag grom... Ons was behoorlik bederf met lekker kos, soetgoed en peuselhappies deur die dag. Dit was asof ons in 'n vyfster hotel geëet het! Trudy se ma en haar helpers het hulle beslis oortref. Volgende keer gaan ek definitief net agter die kos aan, dis 'n belofte! Veral vir die gevulde pannekoeke... hmmm!

Deur hierdie hele proses het ek ook myself leer ken. My eie skryf swak en sterkpunte, my eie vermoëns, my vrese en my toekoms. Om te skryf is iets terapeuties – iets waardeur ek myself kon uitdruk, 'n stukkie van myself aan ander gee om te lees. Ons groep het mekaar baie goed leer ken; kon later onmiddelik optel wanneer iemand bietjie laat slap lê het. Alles ten goede, natuurlik.

Ek het dit beslis baie geniet. Ek sal enige persoon wat ooit daarvan droom om te skryf, aanmoedig om by hierdie skryfskool aan te sluit. Dit is iets waaroor ek nooit spyt sal wees nie, want ek het meer geleer in hierdie vyf weke, as wat ek ooit op enige ander plek en tydperk kon geleer het.

Dankie Trudy, Hester (vir al die hulp met die boeke en rekenaar programme), Trudy se ma, Rosiena en die ander enetjie (vir die lekker kos en soetgoed)... en natuurlik ook vir die spul hondjies wat ons geselskap gehou het.

Julle is voorwaar 'n voortreflike spannetjie en ek wens julle 'n rooskleurige toekoms toe, vol baie skryf, boeke en lekker kos maak.

Geniet dit!

Anzel Gerber (Maart 2009)


Die afgelope vyf Saterdae was die wonderlikste dae in my lewe! Nie net het ek baie oor skryf geleer nie, maar ook baie oor myself.

Ek kan nie uitgepraat raak oor die wonderlike atmosfeer wat deurgaans geheers het nie. Ons was ’n fantastiese span en as ons onsself nie doodgegiggel het nie, het ons byna in trane uitgebars.

Dan natuurlik: die kos. Fantasties! Tannie Kotie kan gerus ’n spyseniersbesigheid oopmaak vir VIP’s!!!
Laaste, maar nie die minste nie, Trudy. Die beste leermeester wat ek nog beleef het, haar aansteeklike lag, (jy kyk net in haar oë, dan weet jy wat kom) en minute later kan sy ernstig wees. Dit was vir my ’n eer om by jou te kon leer en steeds gaan leer. Nogmaals dankie vir alles!

Liana Bosman

Boontoe


 

Tuis

Klein advertensies

 


© 2008-2010 Petru-Nell Skryfbesigheid
 
free forum hosting by lefora