Petru-Nell Skryfbesigheid
Boekwinkel

Tuis

Oor skryf:
Skryfkursus
Skryfoefeninge
Vrae en antwoorde oor skryf
Skryfkompetisies
Skrywerskring NUUT!

Oor lees:
Leeskringforum
Leeslys

Oor boeke:
Nuwe boekbekend-
stellings

Boekwinkel
Soek 'n boek

Vir ons gemeenskap:
Gemeenskapsprojekte

Kontak ons

 

 

Vir boekbestellings vul die bestelvorm in en e-pos dit aan Hester by hester@pnskryf.co.za.

Sodra jou betaling ontvang is, word die boek aan jou gepos op die goedkoopste manier.
Indien jy 'n vinniger opsie wil hê, kan jy dit so aandui op die bestelvorm.

Vir bestellings binne Suid-Afrika: Laai die bestelvorm af (50K)

Vir bestellings buite Suid-Afrika: Laai hierdie bestelvorm af (51k)

Tuis

Klein advertensies

Gaan kyk na ons spesiale aanbiedinge !

Of soek alle GROEN titels, dit is al ons boeke wat nou op spesiale aanbieding is.

 

Fiksie
 
Die Buiteveld

Die Buiteveld

Die Buiteveld is die verhaal van Smerski, 'n Portugese taalkenner. Tydens sy vakansie in die noorde van Portugal, ontmoet hy 'n jong vrou wat hom aan 'n skildery van Goya herinner. Maar hierdie Isabel bring 'n omwenteling in sy lewe wat hy nie voorsien het nie. En geleidelik word hy gedwing om alles te onthul wat hy tot nog toe probeer verdoesel het. Soos die bloed aan sy hande en die misterie van sy verdwyning uit Angola.
Die skrywer se flirtasie met die magte van die noodlot voer die leser mee op 'n ontdekkingstog van mens én omgewing, van kodes en die roetes waarheen verwagting die mens lei sonder dat hy voorsien wat met hom kan gebeur.

Outeur:
Miles, John
ISBN No: 0 7981 4374 6
Bestelno: 19
Prys: R180.00

 
Gelouterde Liefde

Gelouterde liefde

Eben Geldenhuys en Leandré Viljoen ontmoet mekaar deur 'n gemeenskaplike vriendin. Vir hulle albei is dit liefde met die eerste oogopslag.
Leandré is egter reeds verloof aan Johan - haar stiefbroer wat aan 'n ongeneeslike siekte ly en min tyd oorhet om te leef. Sy het die troudatum al 'n paar keer uitgestel, omdat sy nie seker is of sy die regte besluit gaan neem nie. Haar oordrewe pligsgevoel teenoor Johan maak haar rusteloos en ongelukkig en bring haar uiteindelik voor 'n bykans onmoontlike keuse te staan: óf die nakoming van 'n belofte aan die sterwende Johan, óf die vervulling van haar liefde vir Eben, die man van haar drome...
Leandré se besluit lei tot baie hartseer en pyn vir almal wat daardeur geraak word, en dit is eers baie later dat beide Eben en Leandré besef dat die pad na geluk nog altyd daar was - al wat gedoen moet word, is om daarop te loop. Dit is so beskik - van die begin af.

Outeur:
Visser, Lambert
ISBN No: 0 7993 3170 8
Bestelno: 22
Prys: R85.00

 
Kortkuns
Boontoe
Douspoor voorblad

Douspoor

'n Vars benadering tot die lees en studie van Afrikaanse kortverhale.

  • 33 verhale om te geniet en oor na te dink
  • Temas wat jongmense se lewens raak
  • 'n Breë verskeidenheid Afrikaanse skrywers
  • Die eerste publikasie van verskeie verhale

Samestellers: Daniels, Rudi en Julies, Gordon
ISBN No: 9 780624 03836 8
Bestelno: 38
Prys:
Was R70, nou R50, spaar R20.

 
Dwalers loop nie by twyfelaars nie

Dwalers loop nie by twyfelaars nie

Frekie, Wessel en At het al in Nel se vorige stories hulle verskyning gemaak. In hierdie bundel ontmoet die leser hulle en 'n paar ander vriende weer op hul gunstelingplek: om 'n hardekoolvuur in die Laeveld, aan't stories vertel. Liegstories, sal party mense seker sê, maar vir mense wat mekaar so goed ken, is 'n liegstorie nader aan 'n laataandbiegstorie., Dit gaan immers oor dwalende siele, gestorwenes wat nie tot rus kan kom nie: 'n Boeremeisie en 'n Kakie wie se dood nie 'n ongeluk was nie, 'n beeldskone vrou wat snags op die wenakker voor die trekker sweef, 'n swart hond, Smiling Vale se bobbejaanmannetjie, bewoners van die mistige land anderkant die gordyn wat die dood oor ons laat sak. Maar dit is nie gewone spookstories nie. Nel bekoor so omdat diep dink, nostalgie en sy liefde vir die natuur soos 'n goue draad deur sy stories vleg:

Daarom skuif jy weg uit die donkerte en laat die nag oor aan die graf onder die bessieboom en die diere van die donkerte, die skopsuiltjies en die kiewiete, wat soms in die nanag skielik onverklaarbaar begin skree...

Outeur: Nel, Jan
ISBN No: 9 781869 192402
Bestelno: 39
Prys: R100

 
Splinters

Splinters

Splinters kan wit en blink en aanloklik in die son die oog vang, maar dit kan ook prikkel en dit kan prik, soms dieper seermaak, of dit kan jou laat dink, laat lag of laat huil. Met hierdie keur uit 'n stuk of twintig jaar se rubrieke neem Hans du Plessis die leser deur die kaleidoskoop van ons land en sy mense.
Soos 'n keurder dit stel: "Eintlik behoort Splinters verpligte leesstof vir aspirantskrywers te wees. Gewis nie om sulke skryfwerk te probeer nadoen nie; wel om iets wys te word oor die integriteit van die skryfwerskap."

Outeur:
Du Plessis, Hans
ISBN No: 0 7993 3322 0
Bestelno: 26
Prys: Was R60, nou R40, spaar R20.

Grootdruk
Boontoe
Kinder- en Jeugboeke
Boontoe
Theo die biblioteekkat

Theo die biblioteekkat

Theo woon saam met sy ma, sy broer, en sy suster, reg langs die biblioteek. Die ander katte stel net belang in kos, kattekwaad en kattemaai. Maar nie Theo nie. Hy hou van lees. En Theo is die enigste een wat 'n rot ruik toe die aaklige mevrou Zuurpruim al die katte nooi om by haar te kom woon...

Outeur: Hartmann, Wendy
ISBN No: 978 0 7993 3923 9
Bestelno: 33
Prys: R70.00

 
Voelers

Voelers

My hart klop in my keel. Dit voel of ek in 'n nagmerrie beland het. Ek kan amper nie kyk na die twee goed wat by my baadjie se moue uitsteek nie. Ek lig my twee goggapote op. Hulle klik-klik voor my oë.
Marnus is mal oor goggas. Krieke, spinnekoppe, slakke - hoe grilleriger, hoe beter. Elke Vrydagmiddag werk hy en Denzil in Dok Brummer se laboratorium vir ekstra sakgeld. Maar een middag gebeur daar 'n ongeluk, en kort voor lank begin vreemde dinge met Marnus gebeur. Is hy regtig besig om in 'n gogga te verander...?

Outeur: Jacobs, Jaco
ISBN No: 978 0 7993 4096 9
Bestelno: 32
Prys: R70.00

 

Ander nie-fiksie

Boontoe
Skuinslig
Skuinslig agterblad

Skuinslig

Ek voel asof ek altwee lewens binne een leeftyd geleef het; en sekerlik het die byhou van dagboeke baie te maak met my sensasie van verdubbelde en verdigte tyd.

Outeur:
Aucamp, Hennie
ISBN No: 0 7993 3250-x
Bestelno: 31
Prys: R70.00

 
Opvoedkundig
Boontoe
Threshold

Threshold
A school readiness programme

Outeur: Grové, MC & Hauptfleisch, HMAM
ISBN No: 978 0 798 62370 4
Bestelno: 21
Prys: R30.00

 
Poësie
Boontoe
 
 
 
 
 
 
 

 


© 2008-2009 Petru-Nell Skryfbesigheid
 
free forum hosting by lefora