Skrywersvaart!
PNSkryfbesigheid is baie opgewonde om ons eerste Skrywersbootvaart in Februarie 2013 bekend te
stel en ons nooi jou uit om dit saam met ons te kom beleef. Op hierdie twee nagte vaart na nêrens,
gaan ons klem lê op die skryf van spanningsverhale. Lees meer...
Kreatiewe skryfkursus
'Petru-Nell Skryfbesigheid Prosaskryfkursus' is 'n aanlynkursus wat oor 'n tydperk van 6 weke per e-pos aangebied word.
Lees meer.
Kommentaar op kreatiewe skryfwerk
Skrywers twyfel dikwels oor die standaard van hulle skryfwerk. Hulle kan dikwels nie hulle eie foute of tekortkominge insien nie.
Petru-Nell Skryfbesigheid kan hierdie diens aan die skrywer lewer. Geen redigeer of proefleeswerk word egter gedoen nie, sou die skrywer dit nie kies nie.
’n Kundige en ervare skrywer lees die werk en stel ’n skriftelike verslag op wat die foute aandui, maar dit doen ook wenke aan die hand. Kontak vir Marietjie by marietjie@pnskryf.co.za.
Redigering en Proeflees
Kontak vir Marietjie by marietjie@pnskryf.co.za vir enige redigering of proeflees dienste.
Redigering begin by jou as skrywer, net na voltooiing van jou manuskrip. Skrywers dink dikwels ’n redigeerder kan die herskryf van ’n teks, sommer na die eerste deurskryf behartig. Dit is egter die skrywer se plig om die herskryf van die verhaal of dokument waar te neem.
Eers daarna kom die redigeerder as objektiewe persoon om dit te fynkam deur te kyk na spelling, leestekens, taalkonstruksie, styl, konsekwentheid, vloeibaarheid, gladde opeenvolging van paragrawe en hoofstukke, verband, en in akademiese of meer formele dokumente ook na inhoudsopgawe, bibliografie, struktuur, duidelikheid van feite, ensovoorts .
’n Bietjie raad met eie eerste redigering:
- Kry eerstens bietjie afstand, slaap daaroor.
- Om meer objektief daarna te probeer kyk (want jy is oorbekend met die verhaal), kan jy die lettertipe, -grootte en spasiëring verander. Jy kan dit ook uitdruk, want jy sien dikwels foute beter raak op dié manier. Probeer jou werk deur die oë van jou leser lees.
- Let veral op na herhaling, vloeibaarheid, spelling, leestekens en korrekte feite.
- Doen net kort gedeeltes op ’n slag, anders verloor jy konsentrasie.
- Wanneer jy tevrede voel, stuur jy dit vir jou redigeerder.
Redigering behels geweldig baie soos daarbo genoem. Daar word ook kommentaar gelewer om die skrywer te lei om sekere veranderinge aan te bring. Daar gaan ook baie tyd in, veral omdat die redigeerder jou dokument ’n paar keer (drie tot vyf keer) deurgaan. Jy behoort dus te verstaan dat wanneer dit ‘n volledige boek of iets soos ’n tesis is, ons omtrent drie maande nodig het om dit volledig te hanteer. So nie, kan ons nie die hoë standaard handhaaf wat ons graag doen nie.
Proeflees beteken om die manuskrip in ’n finale vorm deur te gaan en alle spel-, leesteken- en taalfoute, bladuitleg en algehele voorkoms na te gaan en om dit persgereed te maak.
Ons redigeer (editing) en proeflees, versorg taal en tegniese uiteensetting van enige skryfwerk:
-
Verhandelings
-
Tegniese dokumente
-
Enige bestuursdokumente
-
Kreatiewe skryfwerk soos sketse, essays, artikels, kortverhale, gedigte en romans
Skrywerskring en Werkswinkels
Petru-Nell Skryfbesigheid vestig hierdie maand (Mei 2009) ’n skrywerskring wat maandelikse werkswinkels in die skryf van prosa aanbied. Persone wat die werkswinkel wil bywoon, word versoek om so spoedig moontlik daarvoor te registreer deur... Lees meer.
Opstel van inhoudsopgawes en bibliografieë
Hulp met selfpublikasie
Die volgende diens word aan persone verleen wat graag self wil publiseer:
-
Lewer kommentaar oor die inhoud van die teks (as die skrywer dit verkies).
-
Redigeer die manuskrip.
-
Onderhandel namens die skrywer met ’n grafiese kunstenaar vir die ontwerp en uitleg van die boek.
-
Proeflees van die proewe.
-
Onderhandel namens die skrywer met ’n drukker.
-
Stel die skrywer aan ’n bemarker voor.
Petru-Nell Skryfbesigheid kan egter nie self betrokke raak by die bemarking of verkoop van die boek nie. Ons kan egter die boek in ons boekwinkel of klein advertensies vir die skrywer – teen ’n billike fooi – adverteer.