Petru-Nell Skryfbesigheid Logo
Tuisblad

Tuis

Oor skryf:
Skryfkursus
Vrae en antwoorde oor skryf
Skryfkompetisies
Skrywerskring

Oor lees en skryf:
Leeskringforum
Leeslys

Oor boeke:
Nuwe boekbekend-
stellings

Boekwinkel
Soek 'n boek

Vir ons gemeenskap:
Gemeenskapsprojekte

Kontak ons

Dwalers loop nie by twyfelaars nie
Was R100,
NOU R80!

Dwalers loop nie by twyfelaars nie voorblad


 

Afdelings in ons boekwinkel:

Fiksie
Kortkuns
Grootdruk
Kinder- en Jeugboeke
Ander nie-fiksie
Opvoedkundig
Poësie

 

Teller geloods op
30 Junie 2008:

Counter

Kreatiewe skryfkursus

'Petru-Nell Skryfbesigheid Prosaskryfkursus' is 'n aanlynkursus wat oor 'n tydperk van 6 weke per e-pos aangebied word.

Lees meer.


Kommentaar op kreatiewe skryfwerk

Skrywers twyfel dikwels oor die standaard van hulle skryfwerk. Hulle kan dikwels nie hulle eie foute of tekortkominge insien nie.

Petru-Nell Skryfbesigheid kan hierdie diens aan die skrywer lewer. Geen redigeer of proefleeswerk word egter gedoen nie, sou die skrywer dit nie kies nie.

’n Kundige en ervare skrywer lees die werk en stel ’n skriftelike verslag op wat die foute aandui, maar dit doen ook wenke aan die hand. Kontak vir Japie by japie@pnskryf.co.za.


Redigering en Proeflees

Kontak vir Marietjie by marietjie@pnskryf.co.za vir enige redigering of proeflees dienste.

Redigering begin by jou as skrywer, net na voltooiing van jou manuskrip. Skrywers dink dikwels ’n redigeerder kan die herskryf van ’n teks, sommer na die eerste deurskryf behartig. Dit is egter die skrywer se plig om die herskryf van die verhaal of dokument waar te neem.
Eers daarna kom die redigeerder as objektiewe persoon om dit te fynkam deur te kyk na spelling, leestekens, taalkonstruksie, styl, konsekwentheid, vloeibaarheid, gladde opeenvolging van paragrawe en hoofstukke, verband, en in akademiese of meer formele dokumente ook na inhoudsopgawe, bibliografie, struktuur, duidelikheid van feite, ensovoorts .
’n Bietjie raad met eie eerste redigering:

  • Kry eerstens bietjie afstand, slaap daaroor.
  • Om meer objektief daarna te probeer kyk (want jy is oorbekend met die verhaal), kan jy die lettertipe, -grootte en spasiëring verander. Jy kan dit ook uitdruk, want jy sien dikwels foute beter raak op dié manier. Probeer jou werk deur die oë van jou leser lees.
  • Let veral op na herhaling, vloeibaarheid, spelling, leestekens en korrekte feite.    
  • Doen net kort gedeeltes op ’n slag, anders verloor jy konsentrasie.
  • Wanneer jy tevrede voel, stuur jy dit vir jou redigeerder.

Redigering behels geweldig baie soos daarbo genoem. Daar word ook kommentaar gelewer om die skrywer te lei om sekere veranderinge aan te bring. Daar gaan ook baie tyd in, veral omdat die redigeerder jou dokument ’n paar keer (drie tot vyf keer) deurgaan. Jy behoort dus te verstaan dat wanneer dit ‘n volledige boek of iets soos ’n tesis is, ons omtrent drie maande nodig het om dit volledig te hanteer. So nie, kan ons nie die hoë standaard handhaaf wat ons graag doen nie.

Proeflees beteken om die manuskrip in ’n finale vorm deur te gaan en alle spel-, leesteken- en taalfoute, bladuitleg en algehele voorkoms na te gaan en om dit persgereed te maak.

Ons redigeer (editing) en proeflees, versorg taal en tegniese uiteensetting van enige skryfwerk:

  • Verhandelings
  • Tegniese dokumente
  • Enige bestuursdokumente
  • Kreatiewe skryfwerk soos sketse, essays, artikels, kortverhale, gedigte en romans

Skrywerskring en Werkswinkels

Petru-Nell Skryfbesigheid vestig hierdie maand (Mei 2009) ’n skrywerskring wat maandelikse werkswinkels in die skryf van prosa aanbied. Persone wat die werkswinkel wil bywoon, word versoek om so spoedig moontlik daarvoor te registreer deur... Lees meer.


Opstel van inhoudsopgawes en bibliografieë


Hulp met selfpublikasie

Die volgende diens word aan persone verleen wat graag self wil publiseer:

  • Lewer kommentaar oor die inhoud van die teks (as die skrywer dit verkies).
  • Redigeer die manuskrip.
  • Onderhandel namens die skrywer met ’n grafiese kunstenaar vir die ontwerp en uitleg van die boek.
  • Proeflees van die proewe.
  • Onderhandel namens die skrywer met ’n drukker.
  • Stel die skrywer aan ’n bemarker voor.

Petru-Nell Skryfbesigheid kan egter nie self betrokke raak by die bemarking of verkoop van die boek nie. Ons kan egter die boek in ons boekwinkel of klein advertensies vir die skrywer – teen ’n billike fooi – adverteer.


Ons skryf artikels, toesprake, nuusvrystellings en bestuursopsommings

Gaan jy trou?
Moet jy voor mense praat?
Ons kan help!

Ons doen navorsing vir artikels, toesprake en nuusvrystellings.

Ons skryf artikels, toesprake, nuusvrystellings en stel bestuursopsommings op.

Ons kan ongelukkig nie toesprake skryf wat vir kompetisie of eksamen doeleindes voorgedra moet word nie. Ons kan egter help met navorsing vir die onderwerp of om gepaste aanhalings te soek, en met die redigering van die toespraak. Ons voel die leerder moet die geleentheid gegee word om sy/haar kreatiwiteit te openbaar en dan kan ons help met die afronding daarvan.

Kostes verbonde aan die skryf van artikels, nuusvrystellings, toesprake en bestuursopsommings, beloop R1-00 tot R1-50 per woord. Hierdie glyskaal word gebruik omdat nie alle skryfwerk ewe eenvoudig is nie. ’n Administrasiefooi van 15% (van die totale rekening) word gehef en ’n deposito van R200 word verlang voordat daar enigsins iets geskryf sal word.
Gee asseblief ten minste 10 dae speling vir die skryf van enige toespraak.
Toesprake op kort kennisgewing sal onderworpe wees aan 'n addisionele heffing.

Dit is moeilik om vooraf vir die kliënt te sê hoeveel ’n skryfstuk gaan kos. Daarom is dit ’n kliënt se verantwoordelikheid om op die vorm aan te dui hoeveel woorde daar geskryf mag word.


Ons boekwinkel

Besoek ons boekwinkel, vir boeke oor skryf, lekker leesboeke asook sagteware wat van hulp is tydens die skryfproses.

As u 'n boek wil hê wat u nie in ons boekwinkel kan opspoor nie, stuur asseblief 'n e-pos aan Hester. Sy sal haar bes probeer om die boek vir u te vind en aan te stuur.


Soek 'n boek

As jy dalk op soek is na 'n spesifieke boek, sal ons dit namens jou soek. Besoek eers ons boekwinkel om te sien of dit nie dalk daar is nie. Anders kan jy hierdie vorm invul met die boek se besonderhede en ons kan dit vir jou soek.


Vertaling

Afrikaans na Engels
Afrikaans na Nederlands
Engels na Afrikaans
Engels na Nederlands

Ander tale is ook beskikbaar, doen asseblief navrae.


Promosiemateriaal

  • Brosjures
  • Pamflette
  • Visitekaartjies
  • Spyskaarte

Petru-Nell het twee tot drie weke nodig om bg. te ontwerp en te maak.


Addisionele Dienste

  • Neem van foto's vir brosjures
  • Druk van spyskaarte en pamflette
  • Laminering van spyskaarte en ander dokumente

Kontak asseblief vir Trudy vir ons unieke voorbeelde!

boontoe


Tuis

Klein advertensies

Nog titels in ons boekwinkel:

Storiejoernaal

Wordsmiths JO Hendry

Die Buiteveld

Skuinslig

Theo die biblioteekkat

 


© 2008-2012 Petru-Nell Skryfbesigheid
Tuisblad opgedateer op 18 Januarie, 2012
free forum hosting by lefora